Sirkel: Weskus

Tak:  Langebaan

Beriggewer: Cynthia Huysamen

Datum:  6 November 2019

 

 

Op Woensdag 6 November het ons die 2019 VLV-jaar afgesluit.

Hilary Nepgen, Voorsitter, heet almal welkom, waarna sy vir Estelle du Plessis, President Sirkel Weskus, aan die woord stel.  Estelle is elke maand by ons vergadering as gewone lid, maar vandag is sy ons spesiale spreker.  Met behulp van foto’s op die ‘grootskerm’ aldus die kerkverhoog se muur, het sy insig gegee oor die VLVK-tema vir 2020 ‘Belê in vroue’ en het haar toespraak afgesluit met ‘n pragtige video.

Annalie Strydom, vise Voorsitter, open met gebed en Louna Niehaus wens die November, Desember en Januarie verjaarsdagdames geluk en sy deel vir hulle stokkielekkergeskenke uit om met vriendinne te deel.

Ons Jaarboekie was gereed vir die afsluiting, sodat lede solank kan voorberei vir volgende jaar se takkompetisies.  Cynthia en Elaine word bedank vir die opstel en uitvoer daarvan.

Na afloop van die formaliteite en ‘n emosionele lief en leed, is die lootjie vir die geskenkte kwilt getrek en ‘n baie tevrede Hettie Hauptfleish was die gelukkige wenner.

Ons Prysuitdelinguitslae is as volg:

100% Bywoning – Feb tot Okt 2019 (25 lede)

Corlia Basson, Sanet Basson, Gesie Davids, Alta Dednam, Marie de Villiers, Trudie de Goede, Estelle du Plessis, Sysie du Toit, Hettie Hauptfleisch, Cynthia Huysamen, Rina Keytel, Marna Lampbrechts, Christine Seale, Magda Smit, Poppie Strumpher, Charlotta van Eeden, Hanlie van Heerden, Rita van Wyk, Heleen Whittle, Retha Zandberg en Ellen Visser.

 

Kentekens 2019:

5 Jaar – Shirley Albert, Miems Barnard, Corlia Basson, Alta Dednam, Birgi Oosthuizen, Judy Peacock, Annelie Venter en Heleen Whittle.

10 Jaar – Elmine Archibald, Gesie Davids, Hettie Hanekom, Pina Krumm en Cornie van Wyk.

15 Jaar – Leana Esterhuizen, Hettie Hauptfleisch, Rouxleen Moran en Christine Seale.

35 Jaar – Isabel Basson en Petro Eksteen

50 Jaar – Annatjie Hamman

 

Punte:

Gebak                        :1. Hetta Mans          2. Marianne van Niekerk    3.  Magda Smit

Naaldwerk     :1. Rouxleen Moran 2. Elaine Marais                   3.  Hetta Mans

Handvlyt        :1. Elaine Marais      2. Magda Smit                       3. Hetta Mans

Snyblom        :1. Magda Smit          2. Rouxleen Moran

 

Meeste Punte:          Magda Smit

Ywerigste nuwe lid: Elaine Marais

 

Almal word gelukgewens met hul toekennings en volgehoue ondersteuning van die VLV en lede word aangemoedig om deel te neem aan die kompetisies.

Ons wens almal ‘n Geseënde Kersfees en net die beste vir die 2020 VLV Jaar en onthou om in elke vrou in jou lewe en ook in jouself, te belê.

Die pragtige teetafel was weer onweerstaanbaar vir enige verslankingsdiëet en die dames het heerlik gesmul en tee gedrink.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pragtige Teetafel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Estelle du Plessis – President, Sirkel Weskus

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


15 Jaar Kentekens:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

50 Jaar Kenteken – Annatjie Hamman

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Hetta Mans, Suzette Hougaard, Magda Smit, Marianne van Niekerk

 


Hetta Mans, Suzette Hougaard, Elain Marais, Rouxleen Moran

 


Magda Smith, Suzette Hougaard(Beoordelaar), Elaine Marais

 

 


 

 

 

 

 

 

 

Hilary Nepgen, Hettie Hauptfleisch(Kwilt Lootjie)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hilary Nepgen, Annalie Strydom