Sirkel: Middelland

Tak: Despatch

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Moniques Bùchner

Datum: 31 Oktober 2019

 

Despatch VLV, in samewerking met CANSA, het Donderdag 31 Oktober ‘n ope dag vir borsondersoeke aangebied. Suster Audrey Gertze van CANSA het die borsondersoeke hanteer. Altesaam 45 vroue het die dag ondersteun. Geen ernstige gevalle is gediagnoseer nie. Dankie aan CANSA vir ‘n insiggewende dag, die liefde en vriendelike gesindheid waarmee elke dame hanteer was.

Moniques Bùchner, Adrie Ferreira, Suzette Schoeman en Jenny Cloete was  byderhand om die dames te ontvang. Hierdie ondersoeke was by ons plaaslike dokters De Jongh en Coetzee se kamers hanteer. Baie dankie ook aan Aneen de Jongh wat die kamers vir ons in gereedheid gebring het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Moniques Bùchner en Suzette Schoeman