Sirkel: Tygerberg

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Ita van der Merwe

Datum: 30 Oktober 2019

 

Tygerberg het besluit om vanjaar bome te plant by Laerskool  Parow-Noord. Hulle het nege gate gegrawe waar bome gedurende die afgelope paar jaar dood is a.g.v. die droogte wat die Kaap beleef het. Die takke het nege inheemse, waterslim bome uitgesoek om te plant. Die leerders is opgedeel in groepies wat by elke boom sou help. Elkeen van hulle het 2 – 5 liter gryswater saamgebring wat  vir die bome gebruik kon word. Mev René Nel, vise-president van die sirkel en onderwyser by die skool, het gehelp dat die leerders die gate kon voorberei met kompos en beenmeel. Die VLV-lede was behulpsaam en gou het die eerste boom gestaan.

 

Met grawe en bome is die 23 lede op 30 Oktober na die skool.

 

Ons is ontvang deur ‘n goedgedissiplineerde groepie leerders en die skoolhoof, mnr Martin Gomes, het die VLV -lede verwelkom en hulle bedank vir die gebaar om bome te skenk en te plant. Hy het vertel dat ook hy in ‘n VLV-huis grootgeword het en vir die leerders vertel dat VLV daar is om veral die meisies te leer om volwaardige vroue te wees.

 

Die vertroue is dat die bome goed versorg en opgepas sal word om later as koeltebome te dien

 

Mev René Nel verduidelik aan die leerders waarom die bome geplant word

 

 Lede van die sirkel en leerders by die eerste boom, ‘n witstinkhout

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mevv  en Ita van der Merwe help die leerders om die boom in die gat te kry

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die leerders gooi die grond en water in die gat

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mev René Nel verduidelik waar die gryswater en grond gegooi moet word