Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Tema: Landbou En Tuinbou

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 22 Oktober 2019

 

VLV Vryburg onderneem ‘n uitstappie na die tuin van Ria Steyn. Sy moes baie kompos en grond gebruik om struikelblokke soos kalkgrond te oorkom maar het binne vier jaar haar tuin gevestig.

Lede deel tuinwenke onder mekaar, soos om holtes in die bodem van ‘n emmer te maak en kersietamaties onderstebo te laat groei.

Engelse sout en ysterchelaat kan as aanvulling in kalkgrond gebruik word.

 

Nellie Viljoen gee wenke oor die kweek en versorging van Clivias.

Sade word na ongeveer 6-10 maande ryp en plante neem 4-6 jaar om te blom.

Verwyder buitenste vliese en plaas sade vir 24 uur in verdunde bleikmiddel (5 ml op 250 ml water).

Spoel af en plaas vir 24 uur in skoon water.

Laat tussen nat papierhanddoek op ‘n warm plek om te ontkiem.

Sodra worteltjies ontwikkel, word sade op ‘n dreinerende groeimedium geplaas.

Bedek met halwe koeldrankbottel om ‘n miniatuur kweekhuis te vorm. Spuit liggies nat.

Saailinge word oorgeplant in goeie dreinerende grond.

 

 

Arine Bosch en Ria Steyn

 

Retha de Bruyn, Ria Steyn, Arine Bosch, Marthie Grobler en Jenita van Wyk was verantwoordelik vir die vergadering

 

 

Kerse aangesteek vir alle landbouers, vriendskap en almal wat al ‘n pad met borskanker gestap het