Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum: 16 Oktober 2019

 

 

Afsluiting 2019

 

Die jaarlikse prysuitdeling is gehou by die Lapa Dwarskersbos. Lede is bederf met heerlike muffins en skons met tee.

 

Lins Smit het ‘n deeglike verslag van die kongres kom gee.

 

Die pryse is uitgedeel, en lede is beloon vir deelname.  Lede het balkies vir 35jaar diens ontvang. Sertifikate vir kongres items is ook uitgedeel.

 

Daar is heerlike gebraaide vleis, slaaie en broodjies vir ete bedien.

 

Bertha Wiid is die meeste toegewy aan VLV

 

 

Angeli de Kock en Sinnie Koegelenberg ontvang 35jaar lidmaatskap

 

 

Die meeste punte verdien vir deelname: Bertha Wiid en Suzaan Wessels, Christien du Plessis was afwesig.