Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 16 Oktober  2019

 

By die maandelikse Gesondheidsbyeenkoms het Bertha Rossouw vir Janneke Smit van Dordrecht genooi om die lede toe te spreek oor haar groot verskeidenheid tuisgemaakte souse. Daar is o.a. Camembert & Peer Slaaisous, en Vars Kruie Slaaisous. Dan ook Tartaarse sous en Mosterdsous.  Sy bemark dit by verskeie padstalle en Deli’s, asook Boereverkopings. Sy het ook gedemonstreer hoe die bottels as geskenke verpak kan word. Die Verversings was gesonde slaaie met Janneke se souse versier, asook peuselhappies wat met die souse geniet kon word. Gesonde sapmengsels deur Janneke is ook voorgesit. Van die produkte kon aangekoop word.

 

Antoinette van Pletzen het ‘n gedeelte voorgelees wat op VLVK se webwerf verskyn het oor die Pionierskool vir Blindes se besoek aan die Villiersdorptak in die Overberg.  Baie dankie, Villiersdorp!

 

Lenie Fourie het bydraes gevra vir die Skoenbokse vir Boervroue wat in die droogte-geteisterde dele versprei sal word.

 

Dordrecht VLV het ‘n opstelwedstryd by die plaaslike Laerskool gereël met die tema “Plastiek – ons Vyand”, om die gevare van besoedeling te beklemtoon. Oud-onderwyseres en VLV-lid Anna van Niekerk het die verbasend goeie pogings nagesien. Elke deelnemer het ‘n sertifikaat ontvang en die wenners het ‘n geldprys ook ontvang. Die beste presteerder in Afrikaans in Graad 7 het ‘n trofee ontvang, geskenk deur Dordrecht VLV.

 

Janneke Smit demonstreer die gebruik van haar slaaisouse.

 

VLV-lede by die skoolhoof Karen van Niekerk. Van links is Anna van Niekerk, Lenie Fourie, Karen van Niekerk, en Antoinette van Pletzen

 

 Lenie Fourie (links) oorhandig die trofee aan Mihle Matolengwe, terwyl onderwyseres Karen Jordaan toekyk.

 

Die wenners van die opstelwedstryd: Van regs 1e Yandisa Ndaku, 2e  Asenathi Ndeleni en 3e Tahlita Potgieter.