Sirkel: Griekwaland-Wes
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Hettie Krüger
Datum: 15 Oktober 2019
Die VLV-Kookboek met resepte van toe en nou is deur Human & Rousseau uitgegee, ter viering van die Vroue Landbouvereniging van Kaapland se 90ste verjaarsdag op Donderdag 15 Oktober 2019.
Die VLV-Kookboek bied die heel beste resepte van lede van regoor die land en Sirkel Griekwaland-Wes het ook hulle stempel in dié pragstuk afgedruk.
Erika Lubbe, Ere-President van Sirkel Griekwaland-Wes, se heerlike skaapboud resep verskyn in die toe-afdeling van die boek. Hierdie afdeling is vir daardie onthou-resepte wat jou aan jou ouma herinner.
Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes en lid van Volop-tak, Machel van Niekerk, se maklike 7 minuut-sjokoladekoek verskyn in die nou-afdeling. Die resepte in hierdie afdeling is maklike, hedendaagse disse.
Morene Meintjes, Landbou & Tuinbou Saamroeper van VLV Griekwastad, spog met drie resepte in die boek: Semelbeskuit, bruin saadbeskuit en sjokolade-koekstruif.
Elize Snyman, Gesondheid Saamroeper van VLV Griekwastad, se resep vir Wortelkoek met roomkaasversiersel word in die boek gedeel.
Sirkel Griekwaland-Wes is trots op hierdie dames.
Hierdie hardeband resepteboek met volkleur foto’s en beproefde staatmaker resepte uit VLV-kombuise is ‘n fantastiese kers- of trougeskenk!
Sirkelpresident, Machel van Niekerk en Ere-President Erika Lubbe met die voorblad van die resepteboek tussen hulle.
Morene Meintjes en Elize Snyman van Griekwastad VLV-tak.
Goeiedag, ek wil net verneem of die Mielietertresep korrek is – dit sê 4 x 250ml margarien. Ek kan nie dink dat dit korrek is nie, veral nie teenoor die relatief min koekmeel nie. Kan julle my asseblief laat weet. Dankbaar, Antoinette Pretorius