Sirkel: Weskus
Tak: Vredenburg
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Ann Meyer
Datum: 9 Oktober 2019
Ammie Moon is’n maatskaplike werker by Huis Hadassa, ‘n tehuis en ‘n veilige hawe vir kinders. Sy het die VLV van Vredenburg toespreek oor die werk wat by Hadassa gedoen word asook wat haar rol as maatskaplike werker binne inrigting verband behels. Daar is 20 kinders vanaf die ouderdom 6 maande tot 17 jaar. Ons het produkte bymekaar gemaak waarvoor hulle ‘n behoefte het en Ammie het dit by ons vergadering in ontvangs kom neem.
Ann Meyer en Ammie Moon
Leave A Comment