Sirkel :   Overberg

Tak     :  Hermanus

Portefeulje :   Landbou en Tuinbou

Beriggewer :  Diana Lambrechts

Datum :   8 Oktober 2019

 

 

Landbou het Oktober se Algemene Vergadering verander in ‘n uitstappie na Anysbos, ‘n bok- en olyfplaas tussen Hermanus en Botrivier.

 

Johan en Sue Heyns het in 2009 die stadslewe verruil ,‘n onbewerkte stuk grond gekoop en besluit om ‘n nuwe lewe te begin. Na deeglike beplanning het hulle besluit op olywe en bokke. Die olyfboord is aangeplant en die bokke aangekoop.

 

Daar is besluit op Toggenburg bokke en tans het hulle 30 melkbokke wat twee maal per dag gemelk word. Een bok gee tussen 4 tot 8 liter melk per dag en die melk is van baie goeie gehalte met ‘n lae bottervet.

 

Toggenburg bokke. Geen bome nie – hulle vreet die bas af en boom gaan dood

 

Die melk word verwerk na jogurt, verskillende kase en in ‘n mindere mate, gevriesde melk. Die gevriesde melk is baie gewild onder honde telers.  Melk word gehomogeniseer, en gebruik as vars melk, asook vir babas wat laktose allergie het.

 

 Sue Heyns besig om ons te wys hoe die verkoeler werk.

 

Die proses van jogurt maak is baie vining. Dit geskied dieselfde dag wat die melk inkom en  deur die verkoeling en homogenisering gegaan het, wat ongeveer 3 ure neem. Een liter melk lewer ook een liter jogurt ,wat dan dadelik verkoop kan word. Die kaas is ‘n heelwat langer proses wat wissel van ‘n paar weke tot 4 maande. Die langer vervaardigings tydperk, asook die feit dat 10 liter melk slegs half kilogram kaas lewer, maak die kaasvervaardiging baie meer eksklusief, asook heelwat duurder.

 

Kaasmaker besig om Camembert kaas te maak.

 

Die bokke lam almal dieselfde tyd van die jaar, gewoonlik tussen Julie en Oktober, en in daardie tydperk is daar geen produksie nie Die ooie kry meestal tweelinge en drielinge. Die bokkies word na 48 uur van die ma verwyder ,omrede die ander ooie die kleintjies beseer. Dis ‘n soort van ‘n oorlewingsinstink, waar die ma wil hê dat hul nageslag moet voortbestaan sonder kompetisie. Die bokkies gaan na ‘n spesiale vertrek met die regte temperatuur en beligting en hulle word daar gevoed met die ma se melk. Daar is ‘n spesiale troggie met tiete wat hulle vir die voeding gebruik. Twee tot drie dae na geboorte word die klein bokkies onthoring.

 

Ons besoek ook die melkery en kaasfabriek  en dis opmerklik dat alles klinies skoon is met geen bokreuke iewers nie. Ons word versoek om aan niks te raak nie.

 

Intussen het hulle reeds 20,000 olyfbome aangeplant en ‘n olyfpersmasjien bekom en is hulle ingerig om verskeie van die omliggende boere se olywe te verwerk.

 

Anysbos se kaas en olyfolie het reeds pryse gewen, en ons is baie trots op hierdie besondere boerderyonderneming in ons midde.

 

Dagoud bokkies in die “Nursery”

 

Spesiale voedings apparaat

 

Drie weke oue bokkies