Sirkel: NOK

Tak: Molteno

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Helen Noorman

Datum: 18 September 2019

 

Molteno se VLV-tak het hul byeenkoms van 18 September in die veld gehou – soos die foto’s wys!  Die terrein was waar die heel eerste Steenkool in Suid-Afrika gemyn is in 1853. Ongeveer 6 maande tevore het soortgelyke uitgrawings en mynbedrywighede in Springbok, Noord-Kaap, slegs Koper opgelewer.

 

Die ekonomie van die dorp Molteno was eens op steenkool gegrond. Daar is ‘n steenkoolsoom ontdek en ‘n myndorp met die naam van Cyphergat het sowat 10 km suidoos van Molteno ontstaan. Cyphergat is vandag ‘n spookdorp omrede steenkool van beter gehalte vanaf Natal en Transvaal beskikbaar geword het. Steenkoolproduksie is in 1949 finaal gestaak by Cyphergat.

 

Die dorp is in 1874 gestig en na sir John Molteno, die eerste premier van  die Kaapkolonie, genoem. Molteno was met die jare bekend vir die steenkoolmyne in die omgewing, daarna as die dorp waar die Kloktoring-medisynereeks ontstaan het, die setel van die Ouma-beskuitfabriek en die tuisdorp van die kunstenaar, skrywer en amateurgeskiedkundige Johannes Meintjes. Die laagste temperatuur in Suid-Afrika is ook op die plaas Buffelsfontein in die distrik Molteno aangeteken, naamlik  -18.6 ºC.

 

Die Landbousaamroeper, Nita de Wet, het die lede ook met yskoue sappe en heerlike eetgoed daar in die veld bederf.

 

Die VLV-groep kuier in die veld!

 

 Deona Havenga & Liezl Stier exploring!!!