Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 17 September 2019

 

VLV Vryburg fokus op geestesgesondheid, veral na aftrede. Erik Erichsen beklemtoon dat die lewe in verskillende fases verdeel word. Gedurende die eerste twee jaar is die fokus op vertroue teenoor wantroue. In elke lewensfase kan letsels van die verlede ‘n invloed hê. In die laaste fase, gewoonlik na aftrede, val die klem op hoop of wanhoop. Wanhoop gaan gewoonlik met bitterheid gepaard, waarvoor geen terapie help nie. Fisiologiese toestande soos pyn vorm ‘n kringloop.

 

Tersia Spangenberg, kliniese sielkundige, beklemtoon dat met genade en rypheid, mens elke dag iets het om te gee. Die wil om te leef maak dit ons keuse om te gee solank as wat ons kan.

Tersia Spangenberg en Rika Swart

 

Esta Twigge oorhandig die trofee vir derde plek in borduurwerk aan Marietjie Steyn wat sy gedurende die afgelope VLVK kongres verower het. Die tak is ongelooflik trots op haar prestasie.

 

 Esta Twigge en Marietjie Steyn