Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 17 September 2019

 

Tydens ons tak se lentetee was Jill Robson van Alzheimer SA die spreker.  Sy het die tipiese kenmerke van Alzheimerpasiënte aan ons deurgegee. Sy verduidelik dat demensie die “sambreel” is en in SA is die algemeenste vorme daarvan Alzheimersiekte, vaskulêre demensie, alkoholverwante demensie, posttraumatiese demensie asook MIV/vigs-verwante demensie.  Dit is moontlik om aan meer as een vorm daarvan te ly.

 

Hierdie is ‘n siekte wat die brein aantas en die oorsaak daarvan is nog onbekend.  Simptome van hierdie siekte is vergeetagtigheid, disoriëntasie, persoonlikheidsveranderinge, geheueverlies en kommunikasieprobleme.  Daar is geen geneesmiddel nie, maar daar is middels beskikbaar om die simptome tydelik te verbeter.  Sy raai mense wat diegene met demensie versorg aan om met baie geduld en begrip op te tree.

 

 Verona se pragrangskikking op die verhoog.

 

                      Danela Smit (sameroeper) en Jill Robson (spreker).