Sirkel: Griekwaland-Wes

Tak: Danielskuil

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 13 September 2019

 

Nuwe VLV-tak kies bestuur

 

Lede van Danielskuil se splinternuwe VLV-tak het op Vrydag 13 September 2019 hul heel eerste bestuur verkies. Dié geleentheid is in die pragtige Luma Konferensiesaal by die Blue Stone Lodge in Lime Acres gehou.

 

Voor vlnr: Hettie Krüger (Voorsitter, Bemarker en Argivaris), Tharina van Staden (Tesourier en Opvoeding & Kultuur Saamroeper) en Marlene van der Walt (Kunste & Handvlyt Saamroeper). Agter vlnr: Nicole Fourie (Openbare Sake Saamroeper), Amelia Gous (Gesondheid Saamroeper) en Carlene Stoffberg (Vise-Voorsitter en Leefstyl Saamroeper). Leonie Daffue (Sekretaresse) en Gerda Fourie (Landbou & Tuinbou Saamroeper) kon nie die vergadering bywoon nie, maar het hulself in hulle afwesigheid beskikbaar gestel om verkies te word.

 

Die bestuur sien as volg daar uit: Hettie Krüger (Voorsitter, Bemarker en Argivaris). Hettie is oorgeplaas vanaf die Kuruman-tak. Sy sal op 30 September 2019 vier jaar aan die VLV behoort; Carlene Stoffberg (Vise-Voorsitter en Leefstyl Saamroeper). Carlene het voor die ontbinding aan die VLV-tak op Danielskuil behoort, sy dien ook op die kerkraad van die NGK Danielskuil; Tharina van Staden (Tesourier en Opvoeding & Kultuur Saamroeper). Tharina is ‘n rekenmeester van beroep – die tak se finansies is dus in baie bekwame hande; Leonie Daffue (Sekretaris). Leonie is ook die sekretaris van die Koopmansfontein Brand Beskermingsvereniging; Nicole Fourie (Openbare Sake Saamroeper). Nicole se ma, Tanya Aucamp was van 1997 tot 2000 Voorsitter van Kuruman se VLV-tak. Nicole is gereeld op die verhoog as sangeres en het ook haar eie sangskool; Amelia Gous (Gesondheid Saamroeper). Amelia hou van organiseer en het al verskeie funksies na Danielskuil gebring; Marlene van der Walt (Kunste & Handvlyt Saamroeper). Marlene was vir vyf jaar lid van Postmasburg se VLV-tak; en Gerda Fourie (Landbou & Tuinbou Saamroeper). Gerda woon op ‘n plaas buite Danielskuil en het ‘n passie vir diere en die natuur.

 

Die pasverkose Voorsitter, Hettie Krüger, het vir elke teenwoordige lid ‘n VLVK kenteken aangesteek.

 

 

 

 

 

Hettie Krüger steek vir Carlene Stoffberg haar kenteken aan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Tharina van Staden ontvang met trots haar kenteken.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marlene van der Walt vier haar verjaarsdag op Woensdag 25 September. Hier ontvang sy haar VLVK kenteken.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Amelia Gous het haar passie, “Diamond Dot Painting” aan die dames gedemonstreer. Hier is sy saam met Hettie Krüger wat vir haar haar kenteken aansteek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Nicole Fourie kom die nuwe VLV-tak as swanger mamma binne. Baba Fourie word in Maart 2020 verwag.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Sop-en-Sjerrie Damesoggend op Saterdag 8 Junie 2019 het tot die herstigting van die tak gelei, nadat dit op 24 Mei 2003 ontbind het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pasverkose Landbou & Tuinbou Saamroeper, Gerda Fourie tydens die Sop-en-Sjerrie Damesoggend.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sprekers tydens die Sop-en-Sjerrie Damesoggend. Snoekie Erasmus (Voorsitter van die VLV Hartswater-tak en lid van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue se Projekte-komitee), Ida Hutton (handvlytkoningin van Postmasburg) en Machel van Niekerk (Sirkelpresident van VLV Griekwaland-Wes).

 

 

 

Almal wat die geleentheid op 8 Junie 2019 bygewoon het. Voorste ry met die trappe af: Ronita Fourie (Kuruman), Kokkie York (Lime Acres), Ruby Kriel (VLV Voorsitter, Griekwastad), Susan Weideman (Danielskuil) en Nina Burger (Danielskuil). Agterste ry met die trappe af: Bronwen Schoombie (Lime Acres), Maretha Nowers (VLV Volop-tak en Sekretaresse van VLV Sirkel Griekwaland-Wes), Machel van Niekerk (VLV Sirkelpresident, Sirkel Griekwaland-Wes en VLV Volop-tak), Anel Fourie (Kuruman), Gerda Fourie (Danielskuil), Alta Grobbelaar (VLV Voorsitter, Douglas), Snoekie Erasmus (VLV Voorsitter, Hartswater), Tharina van Staden (Danielskuil), Carlene Stoffberg (Danielskuil), Ida Hutton (Postmasburg) en Hettie Krüger (Danielskuil).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die lede en bestuur van hierdie nuwe tak is ‘n baie entoesiastiese groep vroue, elkeen met haar eie talente en idees, wat beloof om van dié tak ‘n groot sukses te maak.

 

Almal wat die geleentheid op 13 September 2019 bygewoon het. Voor vlnr: Hettie Krüger, Tharina van Staden en Marlene van der Walt. Agter vlnr: Nicole Fourie, Amelia Gous, Carlene Stoffberg en Tersa Steyn (besoeker).