Sirkel: Griekwaland-Wes

Tak: Danielskuil

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 13 September 2019

 

“Diamond Dot Painting”

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Vrolike Lente-tafel het die dames van Danielskuil se splinternuwe tak op Vrydagmiddag 13 September 2019 by die Luma Konferensie Lokaal ingewag, tydens hulle Lentebyeenkoms by die Blue Stone Lodge in Lime Acres.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Amelia Gous met ‘n “Diamond Dot Painting” prent wat sy binnekort sal voltooi.

 

Amelia Gous het ‘n demonstrasie van haar jongste passie, “Diamond Dot Painting”, met die dames gedeel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit werk min of meer op die prinsiep van “Paint by Numbers”, maar in plaas van verf, plak ‘n mens diamantés in verskillende kleure oor die genommerde prent.

 

Daar is ‘n groot verskeidenheid pragtige prente om uit te kies en ‘n mens kan selfs jou eie foto’s ook laat maak!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Dames het self ook die geleentheid gekry om die gevoel van die stokperdjie te kry. Hier is Marlene van der Walt en Tersa Steyn besig met “Diamond Dot Painting”.

 

Lede wat reeds hierdie stokperdjie opgeneem het, praat met groot lof van hoe ontspannend dit is en hoe dit selfs kinders vir ure kan besig hou (sonder elektronika).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Amelia tydens haar demonstrasie.

 

 

Wenke wat Amelia deel is om maskeerband rondom die prent te plak, om van bo na onder te werk en dan die plastiek af te trek soos jy vorder, en om sommer die rolletjie maskeerband te gebruik om bo-oor die diamantés te rol, dan plak hulle mooi stewig op die regte plekke vas.

 

Amelia se waarskuwing aan lede was dat dit baie verslawend kan wees.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ter afsluiting het die dames elkeen ‘n sny van die heerlike vars verskeidenheid koeke by Blue Stone Lodge se Deli geniet.

 

 

 

 

 

Kloksgewys om die tafel is: Tharina van Staden, Carlene Stoffberg, Marlene van der Walt, Amelia Gous, Hettie Krüger, Tersa Steyn en Nicole Fourie.