Sirkel: Paarl

Tak: Malmesbury

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Christine van Zyl

Datum: 11 September 2019

 

‘n Heerlike Intertak oggend op 11 September 2019 met die geure van kleurvolle Indië.  Nicole Neethling van Flour & Oil Food Courses het ons sommer met die kennismaak eers speserywys gemaak.  Daarna het sy demonstreer hoe om ‘n tipiese Noord-Indiese Kerrie te maak en taklede en besoekers kon daarvan eet in plaas van die gebruiklike bordjie soet en bordjie sout.

 

Tussendeur het Nicole vir ons gewys hoe om die pragtige, maar groot stuk materiaal van ‘n sari te vou totdat jy deur ‘n Indiese ring getrek kan word.  Sy het ook met ons die betekenis van die kolletjie voor ‘n Indiese vrou se kop gedeel asook die inspirerende storie agter “Flour & Oil”.

 

Ter uitlewing van ons VLVK Projek:  “Plastiek, ons vyand” word Morsbags as verjaardaggeskenke oorhandig aan taklede wat verjaar.  Die storie agter die Morsbags word aan die dames vertel – dat dit slegs van herwinde (2de handse) materiaal gemaak word en dat daar geen geld hande wissel met die maak of verkry van ‘n Morsbag nie.

 

Die sirkellede het vlytig deelgeneem aan die interessante Intertak kompetisies, en Stellenbosch het net-net met die louere weggestap.

 

 

Sirkellede kuier heerlik saam rondom speserye op die tafel en speserygeure in die lug.

 

Morsbags word aan lede wat verjaar het uitgedeel onder die wakende oog van Mia Louw, Marinda Rall, Nicole Neethling en Miwette Basson.

 

En die wenner van die Intertak kompetisie is…Stellenbosch!