Sirkel: Weskus
Tak: VLV Porterville
Portefeulje: Kongresprestasies
Beriggewer: Louwna Hoving, [email protected]
Datum: 28 Augustus 2019
VLV Porterville is trots op Kongresprestasies:
Die Tak het vir die tweede agtereenvolgende jaar tydens die 90ste VLV Kaaplandkongres te Goudina Spa die Rina Kotzé-trofee en sertifikaat ontvang vir Volgehoue Takprestasie. Elke lid is voorwaar trots om deel van die Vereniging te wees en dra ook by om die prestasie te verdien.
Mary-Ann van Schalkwyk, Voorsitter, saam met Karien van Schalkwyk, VLVK-president (links) en Estelle du Plessis (nuutverkose VLVK-visepresident en Sirkelpresident van Weskus)(regs)
Nog ‘n uitstaande prestasie is die toekenning van die Annatjie Oosthuizen-skild vir die Mees Uitstaande Artikel in die Kunste en Handvlytafdeling, asook die Marianne Brink-wisseltrofee wat toegeken is aan Willemien Burger vir haar Woordkunsinskrywing met die tema: “Niemand het dit verwag nie!” Dit handel oor die uitvindsels, vooruitgang en verandering waarmee die moderne mens vandag omring word.
Willemien Burger met die twee trofeë
Mary-Ann van Schalkwyk het ook die 5de plek in Kaapland behaal met haar fotografie-inskrywing.
Drie lede het die kongres as afgevaardigde en dagbesoekers bygewoon, vlnr Zabetha Albertyn, Mary-Ann van Schalkwyk en Lydia Liebenberg.
Die kongres sorg ook vir ontspanning!
Leave A Comment