Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 4 September 2019

 

Vier  Gr 3 dogters het eerstens vir die lede hul stukkies van die Eisteddfod kom opsê.  Hulle het al 4 cum laude daarvoor ontvang.

 

Gr 3’s wat aan die Eisteddfod deelgeneem het.

 

 

Die eerste spreker was Dr Dalize Willemse van die” Skin Renewal Institute”.  Sy het verduidelik wat onder die vel gebeur soos ‘n mens ouer raak.  Die vel is soos ‘n kussingsloop. Onder die vel is daar 5 vetlagies wat kleiner raak, platter en afwaarts neig. Elke 10 jaar raak dit erger en hang meer. Ook jou beendighteid raak minder so die beenondersteuning raak kleiner en hang. Die fondasie is dus weg.

 

By die instituut gebruik hulle die multi-dimensionele kodes van Dr de Mayo. Negatiewe voorkomste is bv kwaai, hartseer, moeg en hangwange. Hierteen gebruik hulle botox, wat ‘n gif is, maar ín uiters klein dosisse ingespuit word en dus geen gevaar inhou nie.  Dit hou sowat 3 maande.  ‘n Ander opsie is vullers, wat eintlik hyaloronsuur is en dit hou 8  maande tot een jaar.

 

 

Adele du Toit en Dr Dalize Willemse

 

 

 

 

 

 

 

 

Na haar het Marzet Cronjé, ‘n terapeut en eienaar van ‘n “Skin Renewal Institute”salon in die voorstede van Kaapstad, kom praat. Sy het vertel van die 3 behandelings wat hulle hoofsaaklik mee werk.  Eerste die “fraxel”laser – dit werk vir poriëe en tekstuur van die vel. Tweede die Exilus – dit werk op 3 vlakke: eerste die vetselletjies word leeggemaak, tweede laat dit selluliet glad vertoon, en derdens verstyf dit die vel.  Die laaste behandeling word genoem die PRP of die sg “vampire facial”.

 

 

 

 

Adele du Toit en Marzet Cronje

 

 

 

 

 

 

‘n Derde spreker was Mnr MC Ackermann wat saam met sy vrou, Estelle, ‘n nuwe kunswinkel, Bella’s Crafts and Coffee, in Moorreesburg oopgemaak het. Hulle bied kunsklasse aan en jy kan benodigdhede daar aankoop. Daar is ook lekker koffie. Verder is hy ook ‘n agent van “Jack’s Paint”. Hy kom uit na jou huis vir ‘n verfkonsultasie.

 

MC Ackermann en Anna Slabber

 

Geraldine van “Strutsio”in Moorreesburg het kom vertel hoe daar ‘n verskeidenheid leerhandsakke te koop is. Daar is van alles in die winkel.  Sy verwerk self die leer in handsakke.  Sy sny die patrone uit, werk dit vas en kan nie ‘n fout bekostig nie, omdat jy nie uit leer kan uittrek nie! Sy gebruik elke stukkie leer van ‘n vel.

 

Geraldine en Edith Rust

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leerhandsakke

 

 

 

 

 

Die laaste spreker was Kotie van Tonder wat met sampioene boer. Sy het vertel dat elke sampioen plant voort met spore op ‘n medium soos ‘n plant. Sy sit die spore op iets waarop dit groei en verander dan die omstandighede. Bv die sg “oysters”groei op strooi, “shitake” groei op saagsels en “King Oysters”groei op ‘n mengsel van saagsels en strooi.  Sy gooi die strooi in groot dromme en kook dit om dit te steriliser, daarna gooi sy dit op draadtafels – dit is pasteurisasie. Hierna sit sy die spore op die strooi in ‘n baie skoon kamertjie.  Hulle gebruik handskoene en maak dit toe met ‘n sak.  Dan gaan hulle na ‘n donker kamer – dit moet droog en koel wees. Hierna neem hulle dit ‘na ‘n ander kamer met ‘n ander temperatuur en lig.  Alles word so natuurlik as moontlik gedoen.

 

Annalida van Loggerenberg met Kotie van Tonder

 

Sampioene is baie gesond, indien jy sampioene eet, benodig jy net nog lemoene om al jou voedingstowwe in te kry!