Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Datum: 28 Augustus 2019
Lede tel skulpe op en maak die strand skoon:
Die tak het besluit om ‘n bydrae te maak tot die Sirkelvergadering. Daarvoor het hulle skulprose voorgestel.
Ons het almal by die see aangemeld. Elkeen het ‘n swartsak gehad om vullis op te tel, en twee winkelsakke vir die skulpe.Dit was ‘n heerlike oggend op die strand en na die tyd is daar wors gebraai en hotdogs geëet.
Die volgende stap is om die skulpe rondom ‘n reguit stok met ‘n gluegun te plak, en so vorm dit die mooiste rose. Hierdie tegniek is by ‘n vergadering gedemonstreer en so het dit ‘n idée geraak vir die Sirkeldag.
Lede tel skulpe op
Vullis ook verwyder van die strand
Ons kuier lekker saam
Genoeg skulpe
Almal werk saam aan die rose
Voorbeeld van ‘n roos.
Leave A Comment