Sirkel: Namakwaland
Tak: Vredendal
Portefeulje: Opvoeding En Kultuur
Beriggewer: A Beelders
Datum: 22 Augustus 2019
OUERLEIDING – Mevrou Susan Carstens word aan die lede voorgestel. Sy is die maatskaplike werker in diens van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement en sy bedien die skole van die Matzikamadistrik. Sy word vergesel van Andriska Kriel, ‘n student in maatskaplike werk aan die Hugenote-kollege in Wellington. Andriska doen haar praktiese werk onder Susan se toesig.
Susan is, afgesien van haar beroep as maatskaplike werker, ook ‘n bekwame boervrou, vrou van Daniël, ma van vier kinders en ouma van een. Sy is ook ‘n aktiewe VLV-lid by die Lutzville-tak.
Sy vertel dat sy in haar werk konsentreer op ouerleiding, omdat baie ouers niemooi besef wat hulle rol in hulle kinders se lewe is nie. Daar word baie van vrywilligers gebruik gemaak om die ouerleidingsprogramme aan te bied.
Haar groot bekommernis is die groot aantal tienerma’s, wat selfs minder weet van kind grootmaak as hulle eie ma’s. Daar word baie gepraat van kinders se regte, maar sy probeer hulle aan die verstand bring dat saam met die regte ook verantwoordelikhede kom. Tiener-ouerleiding is baie belangrik, anders stuur nog ‘n disfunksionele gesin ‘n getraumatiseerde kind die wêreld in. Dit is skrikwekkend as in ag geneem word dat daar tans in Matzikama in die twingtig tienerma’s is.
Die ouerleidingsprogramme werk uit ‘n Bybelse perspektief. Dit is gebaseer op die belangrike opvoedingsfilosofie dat dissipline tuis begin en die waardesisteem in ‘n gesin se lewe moet stewig vasgelê word.
1. KOMMUNIKASIE – Dit behels dat gesinslede met mekaar moet gesels op ‘n
positiewe, opbouende manier. Die verfoeilike v’s moet vermy word:
Vernedering, vernietiging, verwerping, verwaarlosing . Vloek is lelik!
2. RESPEK – vir jouself en ander mense.
3. REëLS – Daar moet reëls in die huis wees wat ononderhandelbaar moet
wees, bv. “Fokus op jou gesin in plaas van op die Televisie.
4. REG EN VERKEERD
5. GESAG – Daar moet iemand wees wat die laaste woord het. Soos die
gesegde lui: “The buck stops here”.
6. VERANTWOORDELIKHEID – Eer jou vader en jou moeder.
7. OMGEE – Vir jou gesinslede en ander mense.
Susan vertel dat Fetale Alkoholsindroom en ADHD uiters problematies is, maar dat kennis ook in die geval bemagtig.
Sy sluit af deur die kosbare raad te gee in verband met kinders grootmaak, maar dit is eintlik vir ons almal van nut:
Wees mededeelsaam. Sê dankie. Geen omstandigheid moet ons onderkry nie.
Neem die leiding. Stel grense. Hê drome vir jou kinders.
Susan Carstens en Anneline Beelders
Susan Carstens
Leave A Comment