Sirkel: Namakwaland
Tak: Vredendal
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: A Beelders
Datum: 22 Augustus 2019
Nuwe Landboutoep beloer
Meneer Eric van Zyl, voorsitter van Vredendal Landbouvereniging en gasspreker, stel die gaste bekend aan ‘n toep wat hy en sy ouer broer, Willem ontwerp het: “Agri Assistant”. Dit bied ongelooflike moontlikhede vir landbouprodusente in baie dele van die bedryf. Die toep word nog uitgebrei en behoort binnekort beskikbaar te wees om af te laai. Die vroue is duidelik heel ingenome met dié werk van ‘n plaaslike VLV-vrou se kleinseun.
Leave A Comment