Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Studierigting: Landbou &Tuinbou
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 17 Augustus 2019
Om rose in die Karoo te kweek is vir party mense net te ‘n groot uitdaging, maar Sophia van Heerden hou van uitdagings. Sy het haar kennis en wenke op bogenoemde dag met die gaste kom deel.
Sophia van Heerden
Elize Perrin het n kort insetsel oor eetbare blomme gelewer en elke gas het n pakkie met eetbare blomme se saad ontvang om huis toe te neem.
Peet Bekker is n man met n lang asem en lief vir die langpad. Hy onderneem reeds 17 jaar gebedstaptogte in SA en in die buiteland. Peet het sy getuienis gedeel en ook ‘n woord van bemoediging gebring.
Peet Bekker
Hanlerie Esterhuizen het ‘n sangitem gelewer en was ook verantwoordelik vir die oggend se begeleiding.
Donasies is aan vier instansies in die dorp oorhandig. Die oggend se fondse (R4 000-00) is aan Burre Burger se droogtefonds geskenk.
Van die gaste
Leave A Comment