Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Portefeulje: Kunste en Handvlyt en Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Erika Lubbe

14 Augustus 2019

 

Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, demonstreer die maak van ’n handdoek om nat hare op ’n maklike manier sonder moeite natuurlik droog te maak.

Die Taksaamroeper van Kunste en Handvlyt, Celia Tredoux, vertoon ’n video waarin demonstreer word hoe om materiaal met Batik te versier.

Batik is ‘n kunsvorm wat ‘n besondere tegniek vereis en eintlik ‘n kunsvaardigheid is. Deur middel van die besondere tegniek word tekstiel, en dikwels ook papier en selfs leer, versier.

Tekstiel is deurgaans gebruik. Voor daar begin word, word die materiaal eers goed gewas om die stysel te verwyder. Hierna word ‘n ontwerp op die materiaal aangebring. Dié dele wat wit of sonder verf moet bly, word eers met was bedek. Die was (byewas of paraffienwas, wat goedkoper is, of ‘n mengsel van albei) word gesmelt en terwyl dit vloeibaar en warm is met behulp van ‘n tjanting of ‘n kwassie op die materiaal aangebring. ’n Tjanting is ‘n klein koperbakkie met ‘n dun tuitjie, ‘n soort gietertjie. Om dit makliker te kan hanteer, is dit aan ‘n houtstafie gemonteer.

Sodra die was droog is, word die materiaal in ‘n kleurbad gedompel. Die ou Javaanse batik was met natuurlike verfstof gekleur, maar vandag word chemiese verfstof gebruik. Wanneer die materiaal goed met die kleurstof deurdrenk is, word dit opgehang om droog te word. Daarná word die was versigtig afgekrap. Die oppervlakke wat met was bedek was, het ongekleur gebly.

Vir elke volgende kleur wat ‘n mens wil aanbring, moet die proses herhaal word. Besondere kleurskakerings word byvoorbeeld verkry deur eers ‘n ligte kleur te gebruik, slegs gedeeltes daarvan met was te bedek en die werkstuk dan in ‘n donkerder kleurstof te dompel. Die moontlikhede van effekte wat deur middel van kleurvermenging verkry kan word, is feitlik onbeperk.

Die Taksaamroeper van Opvoeding en Kultuur, Jacobie Botha, het ’n interessante uitstalling van ou kombuisware en boeke gedoen. Kombuisware wat uitgestal was, was o.a.: ’n boontjiekerwer, ’n appel-/perskeskiller, ’n roomkan wat versier is met bauernmalerei, ’n koper skaaltjie, oliekanne wat vir broodpanne gebruik is, gewilde ou storieboeke wat Die Swart Pelgrim van F.A. Venter ingesluit het. Hetsie van Wyk se kosbare borduurboek, BORDUUR SO, was ook deel van die uitstalling.

Uitstalling van kombuisware en ou boeke

 

Van die kombuisware wat uitgestal is

 

 

 

 

 

 

 

 

Voorsitter, Corrie Liebenberg demonstreer die maak van ‘n haardrooghanddoek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Corrie Liebenberg demonstreer die eindproduk.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Celia Tredoux, Taksaamroeper van Kunste en Handvlyt; Jacobie Botha, Taksaamroeper van Opvoeding en Kultuur en Liz-Maré Lubbe, Taksaamroeper van Gesondheid.

 

 

Die twee nuwe lede wat aangesluit het Jakkie van Zyl en Amoré Gous