Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 13 Augustus 2019
Margaret van der Mescht vertel meer oor die oorsprong van papier en hoe dit gelei het tot die origami kunsvorm. Papier is ongeveer 105nC die eerste keer vervaardig maar dit is moeilik om `n datum te bepaal wanneer papier vir die maak van origami gebruik is omrede papier met tyd vergaan.
Budistiese monnike het gedurende die sesde eeu papier na Japan geneem en net vir geestelike seremonies gebruik omdat dit baie duur was. Die Japanese het eerste die moontlikhede gesien om papier as kunsvorm te gebruik.
Kaartjiese en koeverte is gevou vir korrespondensie en gevoude vorms is as geskenke gebruik. Opvoedkundiges het die waarde van origami besef want daar is baie geometrie betrokke wat in wiskunde gebruik is.
Vroeër is net origami papier gebruik maar vandag word geskenkpapier, tikpapier, scrapbook- en handgemaakte papier en selfs ou koerante en gemorspos vir die vou van origami gebruik.
Die Japanese kraanvoël is een van die gewildste vorms. Daar is geglo dat enigiemand wat een duisend voëls vou se hartsbegeertes waar gaan word.
Hierna word die vou van `n kusudama blom gedemonstreer en met groot pret en plesier vou die lede elk hul eie blom.
Van die lede besig om `n blom te vou.
Voltooide blom
Leave A Comment