Sirkel:Weskus

Tak:Moorreesburg

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 7 Augustus 2019

 

 

 

 

 

Daar word ‘n item gelewer deur ‘n Gr. 9 leerder, Jessica Vorster.  Sy doen ‘n voordrag wat sy by die Eisteddfod gedoen het en baie goeie punte voor gekry het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die spreker was Lt Kolonel Bertus Conradie van die Polisie.  Hy het eerstens die misdaad statistieke van Moorreesburg gegee waarvolgens daar baie aanrandings en diefstal uit motors is. Nalatigheid lok misdaad, moenie dit vir die kwaaddoener maklik maak nie. Daar is min plaasaanvalle, maar dit is altyd ernstig.

 

 

 

 

 

 

Misdaad beïnvloed die stabiliteit van die gemeenskap. Hy wys vir die lede foto’s van dwelms en noem dat dit ‘n groot probleem is saam met drankmisbruik in die gemeenskap.

Jy as ‘n burger mag ‘n burgerlike arrestasie maak, indien daar ‘n ernstige misdryf gepleeg word in jou teenwoordigheid.  Op jou eie perseel kan jy die kwaadoener arresteer vir enige misdryf.

Hy het ook ‘n paar veiligheidwenke gegee soos om bv. goeie diefwering, alarms, honde, ‘n reaksiemag, heinings in plek te hê. Indien jy ‘n verdagte geluid buite hoor, moenie uitgaan nie, maak liewers alarm. Sit ligte binne af en buite aan.  Maak seker dat jy goed opgelei is in die hantering van jou vuurwapen. Moet liewers nooit oogkontak maak met aanvallers nie. Identifiseer relatiewe veilige plekke vir skuiling soos bv ‘n buitekamer wat jy kan sluit, bêre gevaarlike toerusting.

 

 

 

 

 

 

 

 

Moet egter nie jou lewensuitkyk verander nie – leef voluit, net versigtig.

 

 

‘n Baie interessante praatjie met vele stof tot nadenke.