Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 16 Julie 2019
Ansie Cilliers gesels met Vryburg VLV oor musiek as terapie. Musiek is medisyne en kan jou gemoed vinnig verander. Goeie musiek kombineer die klanke wat gekenmerk word deur melodie, harmonie en ritme. Sagte agtergrondmusiek kan strelend wees of die verbeelding en emosies stimuleer. Musiek bring ‘n helende en positiewe verandering mee en kan met groot vrug gebruik word om geheue en konsentrasie by klein kinders te verbeter. Vir bejaardes en siekes kan dit ‘n kalmerende uitwerking hê. Die terapeutiese waarde van musiek word al duisende jare waardeer, dink maar aan koning Saul van Israel. Musiek laat mens goed voel – en sy speel verskeie stukke voor om haar punte te verduidelik.
Heinrich Brühns, ‘n plaaslike kunstenaar, het verskeie van sy skilderye uitgestal.
Die tak het ‘n bos blomme aan Tannie Irene van der Vyver oorhandig met haar 100ste verjaarsdag. Sy is erelid van die tak en was vir 25 jaar tesourier.
Petro Ollewagen, Heinrich Brühns en Ansie Cilliers
Charlotte Bouwer was die gelukkige wenner van een van Heinrich se skilderye
Enkele van Heinrich se skilderye
Arine Bosch, Ora Jordaan, Esta Twigge, Marietjie Steyn, Carien v Niekerk, Nellie Viljoen by Tannie Irene vd Vyver
Leave A Comment