Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Openbare sake

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 18 Julie 2019

 

 

 

Karen Fredericks van Drakenstein Munisipaliteit het ook ‘n draai by ons kom maak.  Daar is onlangs weer met hernude pogings begin om die herwinningsprogram van die munisipaliteit aan die gang te kry.  Die program loop nou so:

  • Die munisispaliteit verskaf sakke vir die herwinningsmateriaal asook inligtingspamplette om die inwoners te help om hulle afval beter te bestuur..
  • Die herwinningsmateriaal is plastiek, glas, papier, blik en polistereen.
  • Die sakke word saam met die swart drom, maar nie in die drom uitgesit op die dag wat die munisipaliteit die vullis verwyder.
  • Die sakke word opgetel en ‘n nuwe sak word gelos.
  • Informele werkers by Paarl en Wellington aflaaistasies sorteer dan die materiale en verkoop dit dan self. Hulle is nie in diens van die munisipaliteit nie, maar word van veilige klere en onderdak werkspasie voorsien.
  • Baie items soos klere, duvets, geute, pype ens word weer vervaardig.

 

Die dames het sakke en pamflette gekry en is  gevra om die poging te ondersteun.  Dit is in belang van almal om daarvan ‘n sukses te maak.  Dit sal ‘n groot positiewe verskil begin maak op die negatiewe impak wat vullis op ons en die  natuurlewe het.