Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 18 Julie 2019

 

Wat is die positiewe en negatiewe van kuns en hoe het dit ‘n invloed op ons lewens? Dalene Buckle het dit vir ons kom verduidelik.

 

Ons hele lewe bestaan uit positiewe en negatiewe dinge wat ons beїnvloed.  Dit is hoe ons dit hanteer en wat ons daarmee maak wat die verskil is.  Begin by wat nodig is, dan doen jy wat moontlik is en voor jy besef, het jy al die onmoontlike begin doenThe positive energy that we give others heal our own negative emotions. Volharding sal altyd die positiewe bo die negatiewe uitbring.  Hou jou gesig na die son en die negatiewe skauwees sal altyd agter jou val.

 

In kuns is daar ook altyd postiewe gedeeltes en negatiewe gedeeltes.  Hulle is afhanklik van mekaar in die funksie of rol wat hulle vervul.  Die positiewe gedeeltes kan baie keer as die wit gedeeltes gesien word en die negatiewe gedeeltes die swart of skadwees.  Die positiewe gedeeltes is jou fokuspunte en die negatiewe gedeeltes die agtergrond of spasies.  Wanneer die positiewe en negatiewe spasies in verhouding gebruik word, vertel dit vir jou dat die prent of beeld in komposisie is.  Die negatiewe spasies help om die grense van die positiewe spasies te identifiseer.

 

Die positiewe en negatiewe elemente van kuns sien ons ook in fotografie, tekstielontwerp, blommerangskikkings en binneversiering. 

 

Die dames het toe die geleentheid gebruik om die inligting te gebruik en iets te verf.  Dit was baie pret en stimulerend.  Dalene het hulle touwys gemaak en gehelp waar nodig.