Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 11 Junie 2019
Lorna Lamerton van Thand’usana Babies Safe Home besoek ons en vertel van die versorging van verwaarloosde, mishandelde en weggooi babas.
Die huis is in 2008 geopen en babas van geboorte tot drie jaar oud word gehuisves. Volgens Departementele regulasies mag net ses babas op enige gegewe tyd daar versorg word. Hulle is net veronderstel om ses maande daar te bly, maar dit gebeur selde. Die babas bly daar totdat maatskaplike werkers `n meer permanente tuiste vir hulle kan vind. Dit kan voogskap, aanneming of terug na die familie, insluit. Dis egter baie selde dat babas teruggeplaas word by hul familie.
Thand’usana ontvang geen staatshulp nie en is afhanklik van donasies. Hul grootste behoefte is weggooidoeke en melkformule.
Hulle is in die proses om `n babakluis te installeer sodat ongewensde babas nie in rioolpype en op vullishope beland nie.
Lorna Lamerton saam met Ria van Zyl, saamroeper vir Opvoeding en Kultuur.
Leave A Comment