Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Studierigting: Openbare Sake en Gesondheid

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum: 5 Junie 2019

 

Die vergadering het twee sprekers gehad.  Eerstens was dit Hester Fransman wat herwinning by haar huis doen van alle plastiek, blikke en papier/karton. Sy was ‘n pittige spreker wat vertel het hoe sy die ware versamel, berg en verkoop. Sy maak ‘n goeie inkomste daarvan.

 

Die tak het ook plastiek produkte gemaak  vir die tema “Plastiek, ons vyand” en was baie oorspronklik met hul idees.

 

Die tweede spreker was Andeleen Thysse en haar dogter Danielle. Hulle het vertel van die voordele van stamselbehandeling. Die stamselle word by jouself geoes en dan op die plek van pyn ingespuit. Andeleen het vertel dat sy knie-moeilikheid gehad het, daarmee behandel is, en heeltemal gesond is. Geen operasies meer.  Vir knie en heup probleme.

 

Aangesien Suid-Afrika baie agter is met navorsing oor die gebruik van stamselle, het hulle kontak gemaak met ‘n hospitaal in Indië wat daarmee werk.  Die hospitaal is “Neurogen Brain and Spine Institute” in Mumbai, Indië.

 

Stamselle word gebruik vir neurologiese probleme , soos beroerte, outisme en serebrale gestremdheid.  Ook diabetes, knie en heupprobleme  ens. Volwasse stamselle uit jou beenmurg word gebruik so daar is geen gevaar van verwerping nie.

 

Hulle het groot sukses al behaal met bg toestande. Van hul werk kan op “YouTube” besigtig word, kyk vir “reversing autism”. Van hulle boeke oor stamselbehandeling kan ook afgelaai word van die internet.

 

Dit kos tussen 7 000 – 12 0000 dollar by die Neurogen Brain en Spine Institute behalwe vir die vlugonkoste. By die hospitaal is arbeidsterapie, fisioterapie en dies meer beskikbaar.

 

In Suid-Afrika is dr. Wian Stander ook besig met stamselnavorsing, maar nie op die groot skaal wat daar in bv Indië en die res van die wêreld te vind is nie.

 

‘n Baie interessante vergadering wat heelwat stof tot nadenke gelos het.

 

Tafel vol plastiek produkte

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hester Fransman en Aletia van Heerden

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Andeleen Thysse

 

 

 

 

 

 

Danielle Thysse