Sirkel: Middelland
Tak: Despatch
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Moniques Bùchner
Datum: 10 en 11 Junie 2019
Die dames van Despatch VLV het opgemerk dat die area rondom die Munisipale kantore besaai is met plastiekbottels, papiere en koshouers. Die VLV se projek vir 2019 is: Plastiek, ons vyand, en hulle het toe besluit om iets daaraan te doen. Maandagoggend, 10 Junie, het hulle gegaan en die rommel opgetel en die area mooi skoongemaak.
Moniques Büchner, Takvoorsitter, Juby Bubb-Vermaak en Heidi Alberts hard aan die werk
Juby en Heidi
Juby Bubb-Vermaak
Heidi Alberts
Die dames is trots op wat hulle vermag het
Die terrein weer netjies skoon
Ook as deel van die projek, het VLV Despatch 50kg bottelproppies op 11 Junie afgelewer by Despatch Biblioteek. Die biblioteek versamel al vir meer as 2 jaar proppies en het reeds ‘n tweesitplek bankie ontvang vir hul toewyding tot hierdie projek.
Moniques Büchner, links en Heidi Alberts, tweede van regs, saam met die dames van die biblioteek.
Moniques Büchner, links en Juby Bubb-Vermaak, tweede van regs, saam met die dames van die biblioteek met al die plastiekdoppies wat hulle bymekaar gemaak het.
Die groen bankie het die biblioteek ontvang vir hul deelname aan die projek om die plastiekdoppies bymekaar te maak.
Heidi, Moniques en Juby ontspan op die bankie voor die biblioteek.
Leave A Comment