Sirkel: Middelland

Tak: Hercula

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Marlene Erasmus

Datum: 11 Junie

 

Lynette Strydom het ons tak besoek en vertel hoe sy na ‘n persoonlike kennismaking met die omstandighede in staatshospitale bewus geword het van die nood opverskillende vlakke daar. Nadat sy met een van die dokters gesels het, het sy besluit om betrokke te raak by die premature babas wat daar is. Daar word maandeliks ongeveer 600 babas te vroeg gebore wat dan in ‘n broeikas moet lê. Omdat die babas liggaamshitte deur hul koppies verloor, het sy besluit om mussies vir hierdie babatjies te brei. Sy het haar ma, haar Bybelstudiegroep en sommer almal wat sy ken gevra om te help brei. Hierdie mussies moet oor ‘n tennisbal kan pas, so dit is baie klein en brei baie vinnig. Sy neem die mussies na die Dora Nginza Hospitaal in Port Elizabeth.

 

Sy het ook oor die radio vertel van hierdie projek en sy kry nou al mussies van reg oor die land.

 

Ons tak het ook besluit om hierby betrokke te raak en het 122 mussies aan haar oorhandig.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hier ontvang Lynette Strydom (links) die mussies van Magda van Rooyen