Sirkel: Weskus

Tak: Vredenburg

Beriggewer:  Ann Meyer

Datum:  10 Junie 2019.

 

Op die foto is ons landsvlag, wat bestaan het uit breistroke van 30cm x 90cm. Die projek  was die geesteskind van en word bestuur deur Jaco Verwey, die ondervoorsitter van die Golden Triangle-sakekamer in die Vaaldriehoek. Die idee was om die wereldrekords te laat spat.

 

Die projekhet al verlede jaar begin. Die dames het begin brei, want die datum was beplan vir die afgelope naweek 8 Junie 2019, waar die kombers aanmekaar gewerk gaan word. Die wereldrekord is toe gebreek met 7000vk meter.

 

Die dames het oor die hele land gebrei. ‘n Paar  VLV Takke se dames in die WESKUS het ook deelgeneem en gebrei. Elke instansie wat deelgeneem het, gaan komberse ontvang wat hulle aan ‘n organisasie kan skenk.

 

Dit is voorwaar iets om op trots te wees.