Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  6 Junie 2019

 

PADVEILIGHEID

 

 

Die lede word verwelkom deur 2 VLV-dames en Anthea Beukes van die Verkeersdepartement en moes hulle bestuurslisensies met aankoms toon, asook ‘n kamma-alkoholtoets ondergaan.

 

 

 

 

 

 

Ray Wilton en Hanlie Louw

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Ray Wilton, Hanlie Louw en Iline Goosen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Anthea Beukes

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Alida Jones-Venter, stigterslid van die Drive More Safely NPO, waar elkeen se veiligheid op die pad altyd saak maak, deel die volgende inligting met lede:

 

Padveiligheid is ‘n keuse – hoekom is dit belangrik, want wanneer ‘n geliefde in ‘n motorongeluk sterf, verander dit jou lewe vir altyd.

 

Dronkbestuurders beroof onskuldige padgebruikers van geluk, asook hulle familielede.

 

Wat is padveiligheid?  Die Verenigde Nasies se dekade van aksie bestaan uit die volgende vyf pilare: Padveiligheidsbestuur; Veiliger paaie en mobiliteit;  Veiliger voertuie;  Veiliger padgebruikers; Voorkomende ongeluk reaksie.

 

1.3 miljoen mense sterf wêreldwyd as gevolg van ongelukke en nog meer miljoene word ernstig beseer in ongelukke wat voorkom kon word.  Word ‘n padaktivis en rapporteer roekelose- of risikobestuurders by 0861 400 800.

 

Waarvoor  beywer die Drive More Safely NPO hulle?

 

Aktivisme:  om kinders te beheer rakende padveiligheid; Geen alkohol;  Spoedbeperkings van 40 km per uur rondom skole, kerke ens.;  skuldigbevinding van strafbare mansslag; geen borgskap vir ernstige verkeersoortreders.  Opvoeding:  Voetgangerveiligheid, Leerlingbestuursopleiding, Bestuurskursus vir vragmotorbestuurders, risiko waarnemingsvermoë opleiding, Padwerke soos padblokkades ens.

 

Hulle uitdagende taak is om te aktiveer (30%), padblokkades (25% + 20%), fondsinsamelings (10%), bestuurskursusse (10%), konferensies (5%).

 

Hulle help met opruiming tydens motorongelukke; bemagtig klein kindertjies met die Daantjie Katprojek om padveiligheid by skole te bevorder en organiseer ook Daantjie Kat-verjaardag-partytjies.

 

Hulle het redelik onlangs ook ‘n uitstappie gereël vir ‘n kinderhuis op die Kaapstadse Rooibus.

 

Hulle het ‘n karstoeltjieprojek waar hulle gebruikte stoeltjies restoureer en netjies maak en dan beskikbaar stel aan persone wat dit nie kan bekostig om te koop nie.

 

Hulle werk ook baie nou saam met die Staatsdepartement van Vervoer en lewer goeie insette.

 

Sy sluit af met die volgende woorde:  Embrace life, always wear your seatbelt and lets make our roads a safer place.

 

 

 

 

 

Foto 5:  Die Openbare Sakekomitee:  Agter: Hedwig Schoch (saamroeper), Willemien Burger, Hanlie Louw, Leonie Prinsloo, Louwna Hoving, Alida Jones-Venter (spreker), Nicolette du Toit,

Voor:  Mary-Ann van Schalkwyk (voorsitter), Joey Bothma, Cecile Visser

 

Die verversings was ‘n sjokolade robotblokkie en ‘n soutmuffin met ‘n verkeerstekenmvlaggie.

 

 

 

Willemien Burger spreek ons projek:  Plastiek, ons vyand aan:   Nie alle plastiek is hersirkuleer-baar nie.  Moederplastiek word by hersirkuleerbare plastiek gevoeg, omdat herwinne plastiek se kwaliteit in die herwinningproses verswak.  Glas en metaal verloor nie hul kwaliteit as dit herwin word nie.  Daar word ‘n herwinningsprojek beoog wat 69 000 werksgeleenthede sal skep.

 

 

 

 

 

 

 

Willemien Burger (regs) ontvang haar 5-jaar-kenteken van Mary-Ann van Schalkwyk.

 

 

 

 

Sy verhuis eersdaags na Hermanus.