Sirkel: Tygerberg
Beriggewer: Antoinette le Roux
Datum:17 Mei 2019
Op 17 Mei het ‘n groot groep van Sirkel Tygerberg se lede en hul gaste met ‘n “vliegtuig” ‘n kostoer onderneem oor Suid-Amerika. Die lekkerte het al by die Kaapstadse lughawe begin waar elkeen ‘n melktertjie (likeur) gekry het en ‘n sakkie met benodigdhede.
By elke bestemming sou daar ‘n voorgereg, hoofgereg en nagereg eie aan die land wees. En natuurlik was daar ook kunstenaars om die passassiers te vermaak.
Ons eerste bestemming was Mexiko. Ons het verwag om baie kleur en geur hier te beleef. Kyk self na die kleurvolle uitrustings. Nachos en ‘n heerlike vleisgereg asook ’n sjokolade nagereg het die toer afgeskop.
Mexiko
Mexikaanse kos
Vandaar vertrek die vlug toe na Hawaii. Hier het die kleurvolle meisies met hul raffia rokkies die aandag getrek. Die hamrolletjie met pynappel, as voorgereg, sowel as die hoendersosatie, was besonder lekker. Die soethappie was ‘n klappertertjie.
Hawaii
Die derde land wat aangedoen is, was Argentinië. Daar het lede ‘n heerlike driegang Argentynse ete gekry, met carbonara creola (‘n bief stowegereg) as hoofgereg.
Ten spyte van die blinde vlieënier, het ons veilig geland na ‘n baie aangename vlug.
Volgende jaar Pik en Proe ons beslis weer.
Leave A Comment