Sirkel: Middelland

Tak: Willowmore

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Doreen Bredenhann

Datum: 23 April 2019

 

Annaliza Human is die gasspreker en inspireer die dames om hul kunskant te ontwikkel.  Kuns word al sedert die 17de eeu beoefen.  Skone kunste word verdeel in beeldende kunste, skilder, grafies, musiek, letterkunde en uitvoerende kuns. Ons Skepper het vir ons elkeen `n talent gegee en elkeen is ‘n kunstenaar. God het vir ons elkeen `n “herstelhoekie” gegee, daar waar jy kan ontspan en jou kuns beoefen. Annaliza fokus op Beeldende kuns en spesifiek teken.

Die brein het 2 dele nl.  regterbrein-visuele; wat werk met patrone en prente,  en linkerbrein– verbale deel en rasionele denke. Om kuns te skep moet jy van jou linkerbrein oorskakel na jou regterbrein. Betty Edwards het gesê: “Almal wat `n leesbare handskrif het kan teken. Jy moet net leer om te kyk”

Doreen Bredenhann demonstreer  die maak van ‘n protea blom uit blaaie van ou boeke. Skilderye van 2 lede, Alma Fouchė en Ansie du Preez word uitgestal.

 

Annaliza Human (haar skilderye) & Doreen Bredenhann (Kuns Sameroeper)

 

 Lede vou proteas

 

Skilderye- Ansie du Preez

 

Skilderye- Alma Fouchė