Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefuelje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Karen Barnard

Datum: 18 April 2019

 

Opvoeding van Ligstraal kindertjies

Ligstraal Skool in Paarl is ‘n skool vir verstandelik gestremde leerders.  Irma Mentoor, hoof van die skool het vir ons meer kom vertel van die werksaamhede en kinders.  Die skool is begin in 1986  en het tans 270 leerders.  Leeders word getoets voordat hulle toegelaat word.  Die kinders is van Franschhoek, Simondium, Klapmuts, Paarl en Wellington-areas.  Hulle word met bussies aangery wat aan die skool behoort.  ‘n Holistiese benadering word gevolg met die opvoedeing en meer praktiese vakke word aangebied soos houtwerk, kookkuns, naaldwerk en rekenaarvaardigheid.  Tale en wiskunde word ook op die vlak van die kinders aangebied.  Sport of liggaamsoefening is ook belangrik.  Daar word verskillende soorte sport aangebied, soos bv. netbal, atletiek, landloop, tafeltennis en hokkie.  Hier word nie net akademie en sport gedoen nie.  Kultuur is ook baie belangrik en kinders word aangemoedig om deel te neem aan danse, sang en orkes .  Hulle neem selfs deel aan die Paarlvallei- Eisteddfod.  Dogters van die skool het vir ons hulle dans kom wys.

Personeel van die skool is baie lief en trots op die kinders en moet baie geduld hê.

 

Dames is verder ingelig oor “plastiek is jou vyand” en gewys hoe elkeen ‘n verskil in sy eie huis kan maak.  Die oggend is afgesluit met ‘n pragtige voorlesing net voor paasnaweek sal begin.