Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum van gebeurlikheid: 17April 2019
Marlene Dirkse van Schalkwyk stel Celba Wessels voor. Celba lewer ‘n demonstrasie hoe om ‘n bakkie te maak van Binne en Buiteklei. Hierdie klei word nie deur natigheid of son beskadig nie en hanteer maklik. Die bestanddele is by die Agrimark beskikbaar.
Tuindwergies en kersstanders kan daarvan gemaak word. Dit word geverf sodra die klei droog is.
Protea van Skulpe:
Marlene Dirkse van Schalkwyk wys ons hoe om ‘n protea van mosselskulpe te maak.
Sy gebruik ‘n stok wat in natuur opgetel is,‘n gom geweer en verskillende groottes mosselskulpe. Plaas die stok in ‘n pot gevul met sand en klippe om hantering te vergemaklik. Begin deur klein skulpies met die breë kant aan die stok vas te gom. Plak die volgende skulpe al in die rondte teen die opening van die vorige skulpe. Dit vorm dan ‘n protea. Vernis met ‘n Waterbasis vernis
Ons los voetspore
KLeibak en kersblakers
Voetjie
Celba Wessels
Leave A Comment