Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum: 16 April 2019

 

 

Vryburg VLV fokus op Leefstyl en nuwe tendense in kookkuns. Gekarameliseerde wit sjokolade kan tot drie maande in die yskas bewaar word. Verhit 300 g sjokololade en 25 ml sonneblomolie by 120ºC vir 30-40 min en roer gereeld.  Dit kan ook gebruik word om sjokoladekrulle te maak.

 

Fyngerasperde parmasaankaas kan op bakpapier verhit word by 180ºC vir 10-12 min en as versiering by sop of slaai gebruik word.

 

Huiskos is nou baie populêr en Nonnie Scheepers demonstreer hoe om gnocchi, ‘n Italiaanse pastagereg van aartappels te maak. Kook soos pasta in kookwater en braai daarna in botter. Bedien met tamatie-en-uiesous of roomkaassous met kersietamaties en babaspinasie.

 

Eurika Byleveld en Nonnie Scheepers

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Uitstalling van toeka se kombuistoerusting

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Voltooide gnocchi