Sirkel: Weskus

Tak: Moorreesburg

Studierigting: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Martelize Britz

Datum: 10 April 2019

 

Opvoeding en Kultuur:

Die kindertjies van Olke Bolke Speelskool op Moorreesburg het ‘n paar items kom lewer wat groot plesier verskaf het aan die lede.

 

Hierna is die spreker, Marianne Louw deur Nollie Bester voorgestel. Hulle twee het toe plaasgeneem op gemakstoele en begin gesels oor reis.  Marianne is welberese en het raad gehad oor wat om in te pak, bv. lekker stapskoene, kleiner houers vir toiletware, versnaperinge ens. Sy het ook die voordele van beide georganiseerde toere sowel as op eie houtjie reis uitgewys. In georganiseerde toere besoek jy meestal hoofstede, maar leer ken verskillende mense.  As jy self reis, moet jy baie navorsing doen, maar jy kan self besluit wat om te besoek en jy kom in aanraking met die plaaslike bevolking.

 

Daar is baie voorbereiding as jy wil reis.  Jy moet ‘n geldige paspoort hê, ‘n visum, mediese fonds, kredietkaart, jy moet oplees en dan inpak.

 

Marianne het vertel van ‘n paar plekke waarvan sy baie gehou het. Haar vertelling het begin by Portugal. Sy was in Fatima waar 3 jong kinders op 13 Mei 1917 vir Maria gesien het. Dit het van Fatima ‘n pelgrimsbestemming gemaak.  Ook die Belem-toring het haar beïndruk. Dit is in 1515 begin bou en het in 1521 klaargekom. Van hierdie toring af het die seevaarders vertrek. Daar is ‘n pasteitjie wat die “pastei van Belem” genoem word. Dit is ‘n melktertjie met ‘n stywe deeg en het ‘n geheime resep! Die Geronimo klooster en kerk is baie ornamenteel. Vasco de Gama is daar begrawe.

 

‘n Volgende bestemming was Slowenië wat ‘n baie mooi, klein en landelike land is. Lublijana is die kleinste hooftstad in die wêreld.  Daar is die Postojna grotte wat groot is en lugverkoeling het met ‘n konsertsaal waar 1000 mense kan in. Blett is ook skilderagtig, daar is ‘n meer gevoed deur fonteine met ‘n eiland in die middel wat jy met ‘n houtboot kan besoek.  Daar is 99 kliptrappies om uit te klim.

 

Sy was ook in Rusland waar sy ‘n bootreis onderneem het. Sy het vertel van die taalprobleme daar. Rusland het ook vele besienswaardighede.

 

Die laaste stad waarvan Marianne gepraat het, was Salamca in Spanje wat ‘n universiteitsstad is.

 

Marianne het so interessant vertel van haar reise dat die lede almal nou so iets sal oorweeg.

 

 

 

 

 

Thelma Serdyn by kleintjie April 2019

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Groepie van Olke Bolke Speelskool

 

VLNR agter Helma Van Greunen, Leonie Liebenberg, Dalene Hanekom, Karlien Reitz, Emma van der Merwe, Wilma Kotzé, Voor:  Alma Boshoff en Elaine Coetzee, Heel voor, Nollie Bester en Marianne Louw