Sirkel: Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum:  13 April 2019

 

 

Studente van Genadelandopleidingsentrum buite die dorp, het die VLV besoek en meer vertel van hul aktiwiteite. Die studente het hulself voorgestel en getuig van persoonlike ontwikkeling en geestelike groei.

 

 

Verskeie vaardighede en waardes word aangeleer.  Volgens me. Susara Louw, fasiliteerder, word alle voornemende studente aan onderhoude blootgestel voor toelating.  Sy noem ook dat al die studente matriek geslaag het en baie potensiaal toon.

 

 

Daar is egter tans nie fondse vir die studente om verder te studeer nie.  Die eerste kwartaal is boerdery-vaardighede aangeleer, asook opleiding in Kinderbediening.  Gesonde, gelukkige gesinne en innerlike heling sal in die tweede kwartaal behandel word.

 

Susara Louw

 

 

Studente lewer ‘n sangitem

 

 

 

2 Attachments