Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Verslaggewer: Alta Britz

Datum : 11 April 2019

 

Claus Riding, Landmeter van Ceres, het ‘n liefde vir St Helena Eiland en het die eiland al 4 keer besoek. Gedurende Februarie het ‘n groep, waarvan Claus die leier was, die eiland besoek.  Susan du Plessis, lid van die tak, was ook deel van die groep en hul het 8 van die 21 staproetes gedoen.

 

Die eiland is baie ver afgeleë in die Atlantiese oseaan.  Dit is van vulkaniese oorsprong.  Die hoogste punt is 823m bo seespieël. Die eiland is in 1502 deur Portugese handelaars op ‘n terugvaart vanaf Indië ontdek.  Sedert 1659 het die Engelse Oos Indiese maatskappy beheer geneem en behalwe vir ‘n paar maande in 1673 wat dit deur Holland oorgeneem is, is dit steeds ‘n  Britse kolonie.

 

In 1815 is Napoleon daarheen verban en hy is in 1821 daar oorlede.  In 1900 is omtrent 6000 Boere Krygsgevangenes daar aangehou tot in 1902.

 

Omdat alle landbou produkte aan die E.U. se spesifikasies moet voldoen word daar nie veel op landbougebied vermag nie. Ruilhandel  tussen die inwoners is algemeen.   Vlas vir die maak van tou is voorheen aangeplant maar dit is tans ‘n probleem indringer plant. Koffie   word verbou en uitgevoer. Tuna-vis word ook uitgevoer..

 

Die meeste landbouprodukte word van die R.S.A. aangekoop.

 

Gerda v.d Vyver, takvoorsitter, doen verslag van die Sirkel konferensie.  Maria Stofberg Tak het 10 trofeë gewen.

 

Gerda v.d. Vyver, Voorsitter, Susan du Plessis, Claus Riding en Hermien Kruger, Sameroeper van Landbou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lourens Malan, plantkundige op St Helena eiland en  gebore Suid Afrikaner, is tans besig met die uitroei   van vlasplante en die aanplant van inheemse plante.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede wat deelgeneem het aan die konferensie- en kongreskompetisies: Gerda v.d. Vyver, Alta Britz, Nellie Crafford, Marion Ward, Karen Hugo en Johanna van Wyk.  Anna Marie du Toit was afwesig.

 

 

 

 

 

 

 

Senerita van der Walt, vorige voorsitter van die gasvrou tak, en Karen Hugo. Karen het die trofee vir meeste punte in handbreiwerk gekry.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Senerita van der Walt en Gerda v.d. Vyver. Gerda het die trofee vir   meeste punte in die wisselafdeling (Gebreide handsak met krale) gekry asook die trofee vir die mees uitstaande artikel op konferensie (handsak  met krale.)