Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 4 April 2019

 

Nieuwoudtville VLV se Gesondheidportefeulje het op 4 April 2019 by die kerksaal ‘n byeenkoms gehou oor die Quantum Resonance skandering wat by Salon Elkana in Vredendal aangebied word deur Dr. Ena Beukes.

 

Elmarie Spangenberg en haar bekwame span (Hettie, Joey, Alme, Nan en Heleen) het die leersame vergadering aangebied.

 

Ena vertel van hoe sy die salon begin het en van haar personeel. Sy vertel verder van die limfoonkanker wat sy gehad het en haar keuse om in ‘n kruie-rigting in te gaan. Sy verduidelik onder andere dat almal energie-velde het en dat dit vandag afgeneem kan word met dieselfde soort kamera wat gebruik word om kragbokse af te neem, om te kyk waar die krag vloei.

 

Sy doen ‘n demonstrasie om te wys hoe verskillend ons is. Elkeen kry ‘n vierkantige papiertjie. Almal moet hulle oë toehou en sy gee dan instruksies hoe om die papier te vou en verskillende hoekies af te skeur. Niemand s’n is dieselfde nie. Die slotsom is; ons moenie mekaar oordeel nie.

 

Welstand het twee perspektiewe – Biomedies en die Holistiese model. Ena-hul doen die holistiese model, maar dit beteken nie jy het nie ‘n dokter nodig nie. Sy vertel wat is kruie en waarvoor dit geskik is. Gebruik kruie veilig want alles is nie geskik om met ander medekasie te drink nie. Net oor iets vir die een werk beteken dit nie dit gaan noodwendig vir jou werk nie.

 

Ena is ook opgelei om Kinesiologie te doen by die salon. Dis ‘n hulpmiddel om jouself te ondersoek en struikelblokke te identifiseer sodat jy weer positiewe vloei kan bewerkstellig. Sy wys voorbeelde op ‘n paar dames.

 

Ena Beukes verduidelik Quantum Resonance skandering

 

Almal dink nou ‘n bietjie anders oor kruie en holistiese medikasie.

 

Ena doen ‘n gelukkige trekking. Lizet Esthuisen en Elmarie Spangenberg wen elk ‘n prys van R2000 en R1800 onderskeidelik.