Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum Van Vergadering: 26 Maart 2019
Gesonde Liggaam, Gesonde Gees
VLV Klein-Brakrivier Tak het 26 Maart 2019, onder leiding van Dee Disney (Gesondheidsportefeulje), weer byeengekom vir ‘n heerlike en leersame kuier.
Liggaamlike stres ontstaan wanneer die liggaam nie by ʼn oorlading van stres kan aanpas nie. Die oorsake kan meganies-, geestelik- emosioneel of chemiese faktore wees. Aanvanklik word hierdie stres as moegheid, styfheid of ʼn dooie gevoel in sekere areas ervaar, maar later tree pyn in. Die gevolge mag verskil, maar dit beteken ʼn stadige agteruitgaan in liggaamsgesondheid. Adri Mans, ʼn opgeleide praktisyn vertel hoe die liggaam se reflekse geïnterpreteer word om te bepaal waar stres en spier kontraksie voorkom. Wanneer die oorsaak van die stres geïdentifiseer is, voer die praktisyn ʼn reeks spesifieke bewegings, wat die senuselstelsel stimuleer en die liggaam se self helende potensiaal aktiveer, uit. Praktisyne verskaf ook wenke vir die minimalisering van stres in die aangetaste areas wat lei tot ʼn beter lewensgehalte. Om meer uit te vind van hierdie helende terapie, besoek gerus www.bodystressrelease.com of kontak Adri by 082 800 5880.
Die middag het ook verdere handige demonstrasies en wenke ingesluit. Dee het gedemonstreer hoe maklik en koste-effektief dit is om skottelgoedwasser seeptablette self te maak. Ook hoe om jou eie handeroom en sjokolade met rou heuning, in plaas van suiker te maak. Kompetisietafels het weer eens gekreun onder al die inskrywings en die teetafels het gesteier onder heerlike eetgoed.
30 April kan solank geboek word vir ʼn heerlike kuier- en ken mekaar middag waartydens almal kan help om inkopiesakke te maak om die gebruik van plastieksakke in ons omgewing, te verminder.
Gebak inskrywings
Een van die fotografie inskrywings
‘n Interpretasie van Paasfees
Gesondheid se pratige pers teetafel
Voorsitterstafel se paasrangskikking
Adri Mans gesels oor liggaamstres
Masjienwerk inskrywings
Borduurwerk inskrywings
Hekelwerk inskrywings
Breiwerk inskrywings
Leave A Comment