Sirkel: Middelland

Tak: Steytlerville

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Annette Deyzel

Datum: 13 Maart 2019

 

Tydens die tak se  Gesondheid vergadering het Mev Annette Deyzel ‘n baie interessante praatjie gelewer oor keelseer by kinders.

 

Let op na die volgende:

Dit gaan oor pyn. ‘n Kind sal gewoonlik vir jou sê sy keel pyn. Hierdie kan u gerus onthou.

Dit is ook die 9 vrae wat ‘n dokter vir jou behoort  te vra as jy van pyn kla:

  1. Presiese plek waar dit pyn.
  2. Wanneer het dit begin.
  3. Karakter van die pyn bv. brand, kloppend of steekpyn.
  4. Intensiteit van die pyn?
  5. Konstant of met tussenposes?
  6. Omliggende faktore. Waar pyn dit nog? Besering?
  7. Agressiewe faktore. Wil flou word; Bene raak lam? Sweet, ens.
  8. Wat verlig of vererger die pyn?
  9. Verwante Naarheid, braking, ens.

 

Ons kry ‘n paar soorte keelseer:

  1. Snotty nose:

Dis gewone verkoue. Wat met ‘n branderigheid in die keel gepaard gaaan. Gewoonlik is antibiotika nie nodig nie en sal ‘n disprin of panado die ding doen.

  1. Laringitis: Dit is daardie dik gevoel in die boonste lugweë en ore wat toeslaan; benoudheid, ens. Antibiotika is hier ‘n moet en ook iets om mee te gorrel.
  2. Die twee ernstige tipes keelseer is :
  • A Bakteriële infeksie soos mangelontsteking, of Qinsey. Gewoonlik sien jy die geel etter as jy in die keel kyk en penicillin is hier ‘n moet. Dit is dan ook die tipe wat breinvliesontsteking (die ernstige tipe) veroorsaak. Kan ook dodelik wees.

Streptokokale Infeksie:

Alle infeksies van die nek af op, is gevaarlik. Hetsy keel, neus, ore, mond, tande, tong, ens. Want hulle het almal ‘n gaatjie waardeur hulle ontsnap of longe toe of hart toe of brein toe.

Hoekom is die streptokokale infeksie so belangrik? Want dit is die knapie wat die Rumatiekkoors en die RHD veroorsaak.

  • Hoe lyk die kind met die streptokokale infeksie?
  • Ouderdom gewoonlik 3-15 jr. kan selfs 21 jaar ook wees.
  • Seer keel met pyn as hy/sy sluk.
  • Kan koorsig wees. Baie keer eers later koorsig.
  • Klinies lyk dit baie soos skarlakenkoors.
  • Red strawberry
  • Onderhuidse knoppies by die keel, bors, kieliebakke, elmboë, lieste en binnekant van bo-bene.

Daarom moet alle seerkele in kinders van die ouderdom 3-15 jr as Streptokokale infeksie beskou word en so behandel word.

Behalwe:

Wanneer daar ulserasie  in die keel teenwoordig is;

Heesheid teenwoordig is;

Watery nose.

Konjunktivites

Hoe behandel jy so ‘n kind?

  • Bedrus is belangrik,
  • Baie vloeistof.
  • Antibiotika (penicillin) volgens voorskrif. Indien alergies vir penicillin dan

Die kind word gehospitaliseer as:

  • Daar een of meer geswelde en pynlike gewrigte is.
  • St Virus dance: Onbeheerde beweging van die kop en nek. Dit kan ook op sy eie kop uitsteek en dan word RK vermoed.
  • Klein onderhuidse knoppies op kneukels van hande, elmboë, knieë en oor spinalekolom.
  • Koors en geskiedenis van vorige RK en RHD.
  • Hart murmer en vinnige polsslag
  • Onthou as iemand RHD het of gehad het en ‘n tandarts besoek, moet die dr. daarvan in kennis gestel word vir ‘n antibiotika opvolg.

 

Ongelukkig is dit so dat as ‘n pasiënt eers rumatiekkoors opgedoen het hy tot die ouderdom van 21 jr op penicillin bly en waar daar RHD teenwoordig is, tot op die ouderdom van 35 jr.

Rumatiekkoors val veral die hartkleppe aan en kan duidelik met ‘n stetoskoop gehoor word.

Rumatiekkoors begin gewoonlik so 3 weke na die keelseer begin het. Jy kan dit ook meer as een keer kry.

Wanneer Rumatiekkoors eers die hartkleppe beskadig het, is daar geen genesing nie. In baie gevalle is ‘n hartoperasie nodig – dis n groot operasie en prostese en metaalkleppe groei nie. Kinders moet dus weer en weer die prosedure herhaal.

Annette Deyzel, Gesondheidsaamroeper.