Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Orania

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Alma Potgieter

Datum:  21 Maart 2019

 

 

Gaby Leone,  persoonlike lewensbegeleidster (life coach),  gesels met die dames oor die ses menslike behoeftes en hoe ons bewustelik positiewe maniere kan kies om dit te vervul. Hierdie behoeftes is so belangrik vir ons dat ons selfs ons waardes opsy sal sit om dit vervuld te kry as dit moet.

 

Sekerheid en verskeidenheid/afwisseling:  is ‘n basiese voorwaarde vir oorlewing.  Wanneer ons onseker voel oor iets, bou ons “voorraad” op en oorkompenseer ons om sekerheid te kry.  Te veel sekerheid lei na verveeldheid en ons sal meer verskeidenheid soek.  Ons begin byvoorbeeld verhoudings om ons behoefte aan sekerheid te vervul:  dat die ander ons sal liefhê.  Wanneer hierdie behoefte vervul is, mag ons miskien van gedrag verander om afwisseling te verkry.  Dit sal dan miskien ontaard in ‘n bose kringloop van die behoefte.  Te groot verskeidenheid lei na oorweldiging.

 

Betekenisvolheid en liefde en toenadering:  Om uit te staan tussen die res van die skare, om eiesoortig te wees.  Te veel daarvan en ons staan so ver uit bo almal, dat ons nie meer inpas nie en dan ‘n gebrek aan liefde en toenadering met ander mense ervaar.  Dan raak ons te afhanklik van ander en word ons  ”co-dependant”.

 

Eers as hierdie vier kernbehoeftes in balans is en vervuld is, kan ons ons hoër behoeftes begin vervul.  Dit is groei en bydrae.  Wanneer ons gegroei het, het ons ‘n behoefte om terug te gee aan die samelewing.

 

Sommige kernwaardes is opbouend en gesond en ander nie.  As ons bewus is dat ons wel keuses het, dan is ons bemagtig om opbouende metodes te kies.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Gaby Leone