Sirkel:  Weskus

Tak: Porterville

KANSA RELAY FOR LIFE

Beriggewer:  Louwna Hoving, [email protected]

Datum:  20 Maart 2019

 

Vlv Porterville stap as span by Kansa Relay For Life

 

Die Tak het entoesiasties deelgeneem aan die KANSA Relay for Life. 

 

Daar is R920 ingesamel met die Luminaria-sakkies en R3 010 donasies is ingesamel.  Die span het bestaan uit 12 lede wat deurnag gestap het en 5 lede wat tot 22:30 deelgeneem het.

 

 Lauren Laubscher en Rita Oosthuizen by die VLV-stalletjie.

 

Die banier is gemaak met voetspore wat VLV-lede getrap het om die VLVK-tema:  Laat ‘n voetspoor, uit te beeld.  Die span het gestap ter gedagte aan persone wat met Leukemia gediagnoseer is.

 

 Staande: Louwna Hoving, Mariana Coetzee, Hedwig Schoch, Anneke Smuts, Kokkie Albertyn, Zabetha Albertyn, Rita Oosthuizen, Erna la Cock, Louna van der Westhuyzen, Mary-Ann van Schalkwyk, Philippa, Ray Wilton, Lana du Plessis.

Sittende: Lana van Jaarsveld, Dolla Geldenhuys, Emelda Cruywagen, Lariska Verster, Lian Verster en Lauren Laubscher.

 

Die Tak het die prys ontvang vir die span met die beste spangees.

 

 Die span stappers in aksie.