Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 19 Maart 2019

 

Mnr. Ian Gordan het vir ‘n baie prettige vergadering gesorg.  Lagterapie was die tema – en het ons nie gelag nie !!!!! Hy noem dit ook “lagjoga” en as jy nie kan lag nie, “fake it”.

 

Ons begin elke oefening met die regte asemhaling en ‘n “ha – ha – ha” en sluit af met ‘n triomfantlike “Well done, very good, very good, ha – ha – ha”.

 

Charlotte Huysamer (sameroeper) en Ian Gordan (spreker).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mnr. Ian Gordan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pryswenners van die konferensie – Zylia Fourie (1e plek -blomme intermediêr); Griet le Roux (3de plek – foto); Magdeleen Joubert (1e plek -borduurwerk); Martie Beneke (2de plek – borduurwerk en 3de plek – hekelwerk) en Wenda Preuss (1e plek – inmaak en beste inskrywing in Tuisteskeppingafdeling).

Danela Smit (afwesig) het die 3de plek in borduurwerk behaal.

 

Ons tak het ook trofeë vir ledewerwing, 3de grootste totaal en gemeenskapsbetrokkenheid ontvang, en ons deel die skild vir takprestasie met Parow-tak.

 

Welgedaan!