Sirkel: Kalahari

Konferensie

Beriggewer: Hettie Krüger / Nellie Viljoen

Datum: 7 Maart 2019

 

Topklas sprekers by VLV Kalahari Konferensie

 

VLV Sirkel Kalahari het op Donderdag 7 Maart 2019 hul 86ste Konferensie by die NG Moedergemeentesentrum in Kuruman gehou. Die geleentheid is bygewoon deur meer as 80 persone wat insluit: Sirkelbestuur, afgevaardigdes van takke (Kuruman, Vryburg, Reivilo en Mimosa), sprekers, beoordelaars, eregaste (wat vier voormalige sirkelpresidente insluit), dagbesoekers, en lede van die gasvroutak, Kuruman.

Die tema vir die Konferensie was “Laat ‘n Voetspoor” en die gassprekers was Dr Amos van der Merwe, Dr Annemie Louw Shuda en Dr Susan Kruger.

 

 

Dr Amos van der Merwe volg die voetspore van tyd en skets die rol van die vrou by die ouerwordende man in sy toespraak “Geen voetspoor is toevallig nie”. Minder testosteroon word afgeskei en estrogeen veroorsaak etlike probleme. Veral prostaatkanker maak jaarlikse ondersoeke noodsaaklik.

 

Sarina Malan van VLV Kuruman saam met gasspreker, Dr Amos van der Merwe

 

 

 

 

 

 

 

 

Gasspreker, Dr Annemie Louw Shuda saam met die Voorsitter van VLV Kuruman-tak, Marianne Vorster.

 

 

 

 

 

Dr Annemie Louw Shuda, ginekoloog van George, volg die voetspore van vrouwees.

Sy bespreek die vroeë aanvang van puberteit en beklemtoon die noodsaaklikheid van inenting teen die menslike papiloom virus.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Arina Beukes van VLV Kuruman saam met gasspreker Dr Susan Kruger.

 

 

 

 

 

 

Dr Susan Kruger, bedryfsielkundige. Voetspore is die bewys dat jy hier was. Maak ‘n verskil, al is dit net in een persoon se lewe.

 

 

 

 

 

 

 

 

Plaaslike sanger, Maans Liebenberg het gaste vermaak op Woensdagaand 6 Maart 2019 tydens ‘n potjiekoskuieraand wat die VLV Sirkel Kalahari Konferensie vooraf gegaan het.