Sirkel: Kalahari

Tak: Reivilo

Konferensie

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 7 Maart 2019

 

Reivilo vaar goed by Konferensie

 

Sirkel Kalahari se 86ste Konferensie was Sirkelpresident Corlie van Zyl (van Reivilo-tak) se heel eerste Konferensie as Sirkelpresident.

 

Sirkelpresident, Corlie van Zyl saam met Sirkelsekretaris, Nellie Viljoen.

 

 

Die tema vir die Konferensie, wat in Kuruman gehou is, was “Laat ‘n Voetspoor” en die saal is pragtig in helder klere met boeke, papier blomme en foto’s van voetspore versier.

 

 

 

 

 

 

Vervolgens enkele van die uitslae:

 

Carien van den Berg van die Reivilo-tak het die Gebak-afdeling gewen. Mev Doris Linde (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

GEBAK: Jodetert
In die eerste plek, Carien van den Berg van Reivilo met 85%.

Tinkie Erasmus van Kuruman was tweede met 84% en Eurika Byleveld van Vryburg derde met 83%.

 

 

Corlie van Zyl van Reivilo-tak het die Gevorderde Borduur-afdeling gewen. Mev Doris Linde (links) het die trofee aan haar oorhandig.

 

BORDUURWERK GEVORDERD: Stoelkussing
1ste: Corlie van Zyl (Reivilo) 88%.
2de: Marietjie Steyn (Vryburg) 87%.
3de: Carien van den Berg (Reivilo) 85%.

 

 

 

 

Jane McLellan, Voorsitter van Reivilo-tak was die Gevorderde Hekel- en Brei-afdelings gewen het. Mev Doris Linde (links) het die trofeë aan haar oorhandig.

 

 

 

HEKEL GEVORDERD: Kantagtige aandtoppie
1ste: Jane McLellan (Reivilo) 86%.
2de: Arina Beukes (Kuruman) 84%.
3de: Griselda Pretorius (Mimosa) 83%.

 

 

 

BREIWERK GEVORDERD: Gilet
1ste: Jane McLellan (Reivilo) 85%
2de: Amelia Erasmus (Kuruman) 83%
3de: Amelia Erasmus (Kuruman) 82%

 

 

 

 

 

 

 

Reivilo het die derde meeste punte by die Konferensie behaal.

2020 se Konferensie sal deur die Reivilo-tak aangebied word.