Sirkel: Kalahari

Tak: Kuruman

Konferensie

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 7 Maart 2019

 

Kuruman VLV blink uit by Konferensie

 

Die prysuitdeling tydens Konferensie is jaarliks ‘n groot hoogtepunt op VLV Sirkel Kalahari se kalender en by die 86ste Konferensie wat op Donderdag 7 Maart 2019 op Kuruman gehou is, was dit nie anders nie. Kuruman-tak het die Konferensie aangebied en het ook die meeste punte behaal.

 

Sterlid van die Jaar, Marianne Vorster (Voorsitter van VLV Kuruman-tak).

 

Kuruman het ook die GE Smith trofee vir die tak met die meeste punte op Kongres ontvang, sowel as die A Marx trofee vir die tak wat die meeste lede gewerf het. Kuruman het ook die trofee vir takreaksie ontvang. Marianne Vorster, Voorsitter van dié tak is as Sterlid aangewys.

 

Die afdelings wat deur Kuruman-lede gewen is, was:

 

Arina Beukes van Kuruman-tak het die Gevorderde Masjienwerk-afdeling gewen. Mev Doris Linde (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

MASJIENWERK GEVORDERD: Kamerjas
1ste plek: Arina Beukes (Kuruman) met 85%.
2de plek: Margo du Plessis (Vryburg) met 84%.
3de plek: Marietjie Steyn (Vryburg) met 83%.

 

Tinkie Erasmus van Kuruman-tak het die Beginner Brei-afdeling gewen. Mev Doris Linde (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

BREI BEGINNERS: Nek “Cowl”
1ste: Tinkie Erasmus (Kuruman) met 86%
2de: Nellie Viljoen (Vryburg) met 85%
3de: Arine Bosch (Vryburg) met 78%

 

 

 

 

 

 

 

Amelia Erasmus van Kuruman Tak het die Wissel-afdeling (kralebrei handsak) gewen. Mev Doris Linde (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

 

 

WISSELAFDELING: Kralebrei handsak
1ste: Amelia Erasmus (Kuruman) 85%
2de: Jane McLellan (Reivilo) 84%
3de: Jane McLellan (Reivilo) 83%

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Noeline du Toit van Kuruman Tak het die Kuns-afdeling gewen. Sirkelpresident Corlie van Zyl (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

 

 

 

BEELDENDE KUNS: Skildery in akrielverf – Rustig
1ste: Noeline du Toit (Kuruman) 87%
2de: Noeline du Toit (Kuruman) 84%
3de: Marietjie Steyn (Vryburg) 79%

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Theresa Potgieter van Kuruman het die Woordkuns-afdeling gewen. Sirkelpresident Corlie van Zyl (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

WOORDKUNS: Prosa – Niemand het dit verwag nie
1ste: Theresa Potgieter (Kuruman) 86%
2de: Petro Spangenberg (Kuruman) 85%
3de: Wilma Brink (Vryburg) 84%

 

Marelie Keuler van Kuruman-tak het die Gevorderde Blommerangskik-afdeling gewen. Sirkelpresident Corlie van Zyl (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

BLOMMERANGSKIKKING GEVORDERD: Lank en Slank
1ste: Marelie Keuler (Kuruman) 89%
2de: Marelie Keuler (Kuruman) 88%
3de: Ansie Cilliers (Kuruman) 76%

 

 

 

 

 

 

Fransie Scanlen van Kuruman-tak het die Blommerangskik-afdeling vir Beginners gewen. Mev Doris Linde (regs) het die trofee aan haar oorhandig.

 

 

 

BLOMMERANGSKIKKING BEGINNERS: Lank en Slank
1ste: Fransie Scanlen (Kuruman) 87%
2de: Carla Salim (Kuruman) 80%
3de: Theresa Potgieter (Kuruman) 78%